Kontak Ons
'n Vraag op die Hart?
Aankopenavrae
Indien jy navraag wil doen oor die aankoop van ‘n boek, werk dan asseblief deur die winkelbladsy en gebruik die vorm op die betrokke outeur se blad. Verkope en spesifieke boeknavrae word glad nie deur Die Boekwurm gehanteer nie, maar direk deur die onderskeie skrywers self.
Inskakelingsnavrae
Sou jy egter belangstel om ook by Die Boekwurm in te skakel, maar eers meer wil uitvind oor die platform, is dit dalk ‘n goeie idee om vinnig deur die vrae op die Gereelde Vrae-bladsy te kyk. Dalk word jou vraag reeds daar beantwoord en kan jy sommer dadelik oordeel of dit vir jou sal kan werk, al dan nie.
Indien jy steeds ‘n vraag op die hart het, of graag ook jou geskrifte hier wil bekendstel, voltooi asseblief die vorm hier onder sodat ons kan begin gesels.
- 082 416 7279
- archie@gardenrouteandkleinkaroo.co.za
- Stilbaai, Wes-Kaap
Word Deel van Die Boekwurm
Elke skrywer se werk lê na aan sy hart, want daarin opgesluit, is dae en nagte van tandeknersend soek na daardie ontwykende woord of frase, oor en oor. Jou werk verdien om gelees te word, so, sluit aan en kry aanlyn blootstelling en bemarking.
Sluit gerus aan by Die Boekwurm Facebook-groep (al is jy nie deel van Die Boekwurm nie) en gesels saam oor skryf-, boek-, en leesverwante kwessies.
Gesonde raad uit die pen van C Louis Leipoldt:
“Elke beoefenaar van ‘n kuns is en bly ‘n leerling; hy kan altyd voordeel trek uit wat ander oor sy werk sê, hoe afbrekend of onkundig dit ook mag wees.”

