Boekwinkel

Bekendstellingsgeleentheid vir Skrywers

Almal se Boeke - Vir Almal

Snuffel deur ons boekrak vir iets vars en spesiaals vir jou volgende leeservaring

“Wanneer ek aan ‘n boek werk, voel ek: Dis my eie ding, dié. Maar wanneer ek klaar is, is dit finaal van my af – dan kan die mense dit maar lees. Dan is dit nie meer myne nie, maar hulle s’n.” – Eleanor Baker

Onthou, joune kan ook hier verskyn. Kontak ons gerus as jy belangstel. Aspirantskrywers, amateurskrywers, gesoute skrywers, selfuitgegee of elders gepubliseer: kom sit jou pennevrug ook hier op ons boekrak.

Klik op die boek waarin jy belangstel vir meer inligting, asook wyses om dit te bekom.

As dit graag wil besit, volg maar net die koopaanwysings. Dit bring jou direk in aanraking met die outeur wat dan self die aankoop verder hanteer.

Soekfunksie

As jy nie tyd het vir snuffel nie, vat sommer kortpad en gebruik die soekfunksie hieronder. Jy kan die outeur of titel van die boek intik as jy dit ken, so nie, kan jy die rooi knoppie klik en jou gunstelingkategorie kies.

Soek
Generic filters
Filtreer deur Katogorieë
Aanbeveling
Christelike Literatuur
Geestelike Reiservaring
Godsdienstig
Insiggewend
Joernaal
Koffietafelboek
Motiverend
Nie-Fiksie
Outobiografiese Memoires
Skoliere Studiegids
Studiegids
Ware Persone / Gebeure

Vlug van Gister – Jan Bonthuys

Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie?
Wanneer word dit tyd om aan jouself te dink en te vlug, wanneer is geweld genoeg?
Emma stap met ’n stukkende liggaam en gees weg van ’n huwelik wat nooit moes gebeur het nie.

Read More »
New Wine Prophetic Journal - Elsa Cronje

New Wine – Elsa Cronje

New Wine: a prophetic journal, by Elsa Cronje. The extraordinary level of the revelations I’ve received is no reason for anyone to exalt me. For

Read More »

Word Deel van Die Boekwurm!

Elke skrywer se werk lê na aan sy hart, want daarin opgesluit, is dae en nagte van tandeknersend soek na daardie ontwykende woord of frase, oor en oor. Jou werk verdien om gelees te word, so, sluit aan en kry aanlyn blootstelling en bemarking.

Sluit gerus aan by Die Boekwurm Facebook-groep (al is jy nie deel van Die Boekwurm nie) en gesels saam oor skryf-, boek-, en leesverwante kwessies.

Gesonde raad uit die pen van C Louis Leipoldt:
“Elke beoefenaar van ‘n kuns is en bly ‘n leerling; hy kan altyd voordeel trek uit wat ander oor sy werk sê, hoe afbrekend of onkundig dit ook mag wees.”

Scroll to Top