Gereelde Vrae
'n Vraag op die Hart?
Dalk is die antwoord reeds hier...
Indien jou vraag nie hier aangespreek is nie, of as jy graag wil inskakel, klik die “Kontak Ons”-aksieknoppie onderaan die bladsy, of maak die “Kontak Ons”-bladsy oop. Voltooi asseblief die aanlyn vormpie sodat ons kan begin gesels.
- In die eerste plek kry jy aanlyn blootstelling, m.a.w. jou werk word wêreldwyd bemark.
- Tweedens bied ons Platform jou die geleentheid om te skakel met enige ander platform wat direkte aanlyn verkope (real-time transactions) bied, bv. jou eie webtuiste.
- Derdens het ons kliënte gesamentlike toegang tot die Facebook sosiale media platform d.m.v. Die Boekwurm Facebook-groep wat gratis gebruik word vir bemarking.
Tans (2022) kos dit R40 per maand, wat jaarliks as eenmalige bedrag van R480 betaal word. (BTW ingesluit)
Aanlyn navrae gaan direk na jou (die skrywer) e-pos, waarvandaan jy dan self die transaksie hanteer.
As jy (die skrywer) jou eie webtuiste/aanlynwinkel het, neem die “Vir Direkte Aanlyn Aankope”-skakel die voornemende koper direk na jou winkel waar die transaksie voltooi word.
Dis is nie nodig vir ‘n eie webtuiste nie. Ons Platform is geskoei op die beginsel van Eendrag maak Mag. ‘n Groot aantal skrywers staan saam om een webtuiste te bemark.
Sou jy wel ‘n webtuiste hê, neem ons skakel die voornemende koper direk na jou webtuiste toe.
(As jy wel ‘n behoefte aan ‘n eie webtuiste het, is jy welkom om ons te skakel vir hulp.)
Ja, jy kan. Hierdie webtuiste is ten volle interaktief met alle mobiele toestelle.
Nee, jy hoef geen kommissie op verkope te betaal nie.
Daar is geen beperking op die hoeveelheid boeke wat jy op die Platform kan plaas nie.
Normaalweg neem dit ± 7 werksdae, afhangende van hoe volledig jou inligting is en hoe vinnig ons dit ontvang.
Voltooi die vormpie op die “Kontak Ons”-bladsy, of bel ons direk.
Word Deel van Die Boekwurm
Elke skrywer se werk lê na aan sy hart, want daarin opgesluit, is dae en nagte van tandeknersend soek na daardie ontwykende woord of frase, oor en oor. Jou werk verdien om gelees te word, so, sluit aan en kry aanlyn blootstelling en bemarking.
Sluit gerus aan by Die Boekwurm Facebook-groep (al is jy nie deel van die Boekwurm nie) en gesels saam oor skryf, boeke, lees en sodanige kwessies.
Gesonde raad so uit die pen van C Louis Leipoldt:
“Elke beoefenaar van ‘n kuns is en bly ‘n leerling; hy kan altyd voordeel trek uit wat ander oor sy werk sê, hoe afbrekend of onkundig dit ook mag wees.” – C Louis Leipoldt

